Seën vir 2016

Matt 7: 24-27

Elkeen wat My wil doen sê Jesus, kan vergelyk word met `n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en tog het dit nie ineengestort nie, want die fondament was op rots gebou.

Elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daar volgens handel nie kan vergelyk word met `n dwaas wat sy huis op sand gebou het.

Die stortreëns het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.

Dit is een ding om iets te hoor, maar dit is heeltemal `n ander storie om dit wat jy gehoor het, uit te voer. Hoor en gehoorsaamheid verskil soos die ewenaar en die noordpool.

Die een is warm en die ander yskoud. Dit is met ander woorde twee woorde wat heeltemal verskil in betekenis, en die Bybel waarsku ons om onder geen omstandighede net te bly by wat ons hoor en lees in die Bybel nie maar om die Bybel te leef!

As ons dus gewaarsku word om ons geestelike huis op rots te bou, en ons doen nie wat ons hieroor hoor en lees nie, gaan ons moeilikheid op die pad vorentoe kry.

Ons moet verander, ons persoonlikheid en karakter moet verander na wat God vir ons voorskryf om te wees en te leef. Dit is om om te draai op die geestelike deurmekaar pad waarop ons is en ons verhouding met God in plek te kry.

Daarom dan dat Jesus hierdie gedeelte begin met: Elkeen wat My wil doen…

Wat is God se wil vir ons?

Wel dit kan opgesom word in net `n paar woorde en dit is: Leef heilig, want Ek wat in julle woon is heilig.Om binne die wil en voorskrifte van die Bybel te leef is om die wil van God te doen.

Geseënde week

Elize

 

One comment

Leave a Reply to Petro Tolmay Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *