Category Archives: Algemeen

vrug van die Heilige Gees

Die vrug van die Heilige Gees is liefde, vreugde, vrede geduld vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Die van ons wat aan Jesus Christus behoort het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig, en daarom moet ons toelaat dat die Heilige Gees deur ons leef omdat Hy ons lewe se rigting moet bepaal.
Die uiteinde sal `n lewe van vrede, vreugde, blydskap, geduld, getrouheid en selfbeheersing wees.
Daar is baie mense wat filosofies baie raad en voorskrifte het van hoe om vrede en vreugde te ervaar en te beleef, Tog kan niks in die wêreld met sy eise en voorskrifte jou innerlike vrede en vreugde gee nie. Geen geld – al dink baie geld kan,- kan jou vrede en vreugde gee nie. Dit is egter net God wat die vermoë het, wat by magte is om ons te seën met al die vrug van die Heilige Gees.
So wat moet ek en jy doen om dit te bekom? Ons moet ons lewens se rug draai op die wêreld en sy eise. Ons moet bekeer van ons ou weë en soos die Bybel sê: die ou mens en sy gewoontes kruisig.
Daarna moet ons die Wil van God soek, en die wil van God doen. die Heilige Gees moet ons lewe se gang bepaal en Hy moet my en jou wil word.
geseënde week
elize
die wat

Seën vir 2016

Matt 7: 24-27

Elkeen wat My wil doen sê Jesus, kan vergelyk word met `n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en tog het dit nie ineengestort nie, want die fondament was op rots gebou.

Elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daar volgens handel nie kan vergelyk word met `n dwaas wat sy huis op sand gebou het.

Die stortreëns het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.

Dit is een ding om iets te hoor, maar dit is heeltemal `n ander storie om dit wat jy gehoor het, uit te voer. Hoor en gehoorsaamheid verskil soos die ewenaar en die noordpool.

Die een is warm en die ander yskoud. Dit is met ander woorde twee woorde wat heeltemal verskil in betekenis, en die Bybel waarsku ons om onder geen omstandighede net te bly by wat ons hoor en lees in die Bybel nie maar om die Bybel te leef!

As ons dus gewaarsku word om ons geestelike huis op rots te bou, en ons doen nie wat ons hieroor hoor en lees nie, gaan ons moeilikheid op die pad vorentoe kry.

Ons moet verander, ons persoonlikheid en karakter moet verander na wat God vir ons voorskryf om te wees en te leef. Dit is om om te draai op die geestelike deurmekaar pad waarop ons is en ons verhouding met God in plek te kry.

Daarom dan dat Jesus hierdie gedeelte begin met: Elkeen wat My wil doen…

Wat is God se wil vir ons?

Wel dit kan opgesom word in net `n paar woorde en dit is: Leef heilig, want Ek wat in julle woon is heilig.Om binne die wil en voorskrifte van die Bybel te leef is om die wil van God te doen.

Geseënde week

Elize