Author Archives: Elize Potgieter

God se wil

God wil die beste hê vir ons hê
Maar hoe seker kan ons hiervan wees?

Want God het ons lief

• Jesus sê in Johannes 14
• As iemand My liefhet, sal Hy My woorde ter harte neem, en my Vader sal Hom dan liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.
•In watter vorm woon God in ons? Wel Ef 1;13 sê dat die Heilige Gees van God ons siele beseël as God se eiendom.
• Verder sê Jesus in Joh 14
• Almal wat aan Hom gehoorsaam is en Sy opdragte uitvoer, is lief vir Hom
• Maw ons openbaar ons liefde vir Christus deur aan Hom gehoorsaam te wees en
• wie aan Jesus Christus gehoorsaam is en Hom liefhet, sal deur God Almagtig asook Christus homself liefgehê word.
• As `n mens lief is vir iemand, het `n mens outomaties ook respek vir die persoon,
• Geen mens sal die persoon vir wie jy lief het te na kom nie, bedrieg nie, seer laat kry nie,
• Inteendeel in baie gevalle is `n mens selfs bereid om jou self te kort te doen om iemand vir wie jy lief het, te seën.
• En dis die presiese die tipe liefde wat Christus aan ons geopenbaar het.
• Hy het Homself te kort gedoen, die hemelse verruil vir die aarde se swaar kry sodat ek en jy vir ewig in die hemel mag wees. Dit is die hoogste prys wat enige iemand vir liefde kan betaal.
• So hoe kan ek en  jy verseker weet dat God die beste vir my en jou wil hê?
• Omdat Hy ons lief het
• Jeremia 11;29 lees Ek weet wat Ek vir julle beplan, voorspoed en nie teënspoed nie.
• Ek die Here wil vir julle `n toekoms en `n verwagting gee.
• Dan sal julle My aanroep, tot My bid en Ek sal julle gebede verhoor.
• As julle met julle hele hart na My wil vra sal Ek My wil aan julle bekend maak sodat julle My wil sal ken.
• Is die grootste voorreg wat enige mens op aarde mag hê nie juis om God se wil te ken vir jou lewe en in alles wat ons doen nie?
• Daarom, die eerste en belangrikste stap wat `n Christen moet neem op die aarde is om te onthou wat Jesus ons leer in Matteus 6;33
Beywer julle allereers vir die Koninryk en vir die wil van God en Hy sal ons al die ander dinge wat ons nodig het, gee.
• Die kort weergawe van die Koninkryk van God is om God ons  Vader asook Christus lief te hê sodat hulle by ons sal woon volgens Joh 14
• Daarom is ons gebed
• Vader in die Naam van Jesus Christus help my om die wêreld af te sterf en om U eerste te stel amen

vrug van die Heilige Gees

Die vrug van die Heilige Gees is liefde, vreugde, vrede geduld vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Die van ons wat aan Jesus Christus behoort het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig, en daarom moet ons toelaat dat die Heilige Gees deur ons leef omdat Hy ons lewe se rigting moet bepaal.
Die uiteinde sal `n lewe van vrede, vreugde, blydskap, geduld, getrouheid en selfbeheersing wees.
Daar is baie mense wat filosofies baie raad en voorskrifte het van hoe om vrede en vreugde te ervaar en te beleef, Tog kan niks in die wêreld met sy eise en voorskrifte jou innerlike vrede en vreugde gee nie. Geen geld – al dink baie geld kan,- kan jou vrede en vreugde gee nie. Dit is egter net God wat die vermoë het, wat by magte is om ons te seën met al die vrug van die Heilige Gees.
So wat moet ek en jy doen om dit te bekom? Ons moet ons lewens se rug draai op die wêreld en sy eise. Ons moet bekeer van ons ou weë en soos die Bybel sê: die ou mens en sy gewoontes kruisig.
Daarna moet ons die Wil van God soek, en die wil van God doen. die Heilige Gees moet ons lewe se gang bepaal en Hy moet my en jou wil word.
geseënde week
elize
die wat

Seën vir 2016

Matt 7: 24-27

Elkeen wat My wil doen sê Jesus, kan vergelyk word met `n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en tog het dit nie ineengestort nie, want die fondament was op rots gebou.

Elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daar volgens handel nie kan vergelyk word met `n dwaas wat sy huis op sand gebou het.

Die stortreëns het geval, vloedwaters het afgekom, wind het teen die huis gewaai en daaraan geruk en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.

Dit is een ding om iets te hoor, maar dit is heeltemal `n ander storie om dit wat jy gehoor het, uit te voer. Hoor en gehoorsaamheid verskil soos die ewenaar en die noordpool.

Die een is warm en die ander yskoud. Dit is met ander woorde twee woorde wat heeltemal verskil in betekenis, en die Bybel waarsku ons om onder geen omstandighede net te bly by wat ons hoor en lees in die Bybel nie maar om die Bybel te leef!

As ons dus gewaarsku word om ons geestelike huis op rots te bou, en ons doen nie wat ons hieroor hoor en lees nie, gaan ons moeilikheid op die pad vorentoe kry.

Ons moet verander, ons persoonlikheid en karakter moet verander na wat God vir ons voorskryf om te wees en te leef. Dit is om om te draai op die geestelike deurmekaar pad waarop ons is en ons verhouding met God in plek te kry.

Daarom dan dat Jesus hierdie gedeelte begin met: Elkeen wat My wil doen…

Wat is God se wil vir ons?

Wel dit kan opgesom word in net `n paar woorde en dit is: Leef heilig, want Ek wat in julle woon is heilig.Om binne die wil en voorskrifte van die Bybel te leef is om die wil van God te doen.

Geseënde week

Elize