Profiel

Pretoria Noord Kleuterakademie is `n Afrikaanse privaatskool, gestig in 2000 en is sedertdien onder die bestuur van Elize Potgieter en `n uitstekende span personeellede.

Ons is geleë in die son kant van die Magaliesberg, op `n busroete, loopafstand van die sakegebied.

Ons is `n goedgestruktureerde, funksionele kleuterskool wat ons dienste beskikbaar stel vanaf die ouderdom 2 tot 6 jaar. Pretoria-Noord Kleuterakademie word deur die Gauteng onderwysdepartement erken as goedgekeurde Graad R instelling en ons is ook `n Graad R satelietskool van Danie Malan.

Ons leerlinggetal is laag sodat een tot een aandag moontlik kan wees

Missie en visie

Ongeag omstandighede is elke kind geregtig om sy volle potensiaal te kan bereik. Dit is dan Pretoria-Noord Kleuterakademie se visie en missie om `n goeie akademiese asook Christelike fondament vir U kind te lê, waarop elke leerder se ontwikkeling, steen vir steen gebou kan word ten einde bekend te kan staan as `n huis wat so stewig gebou is, soos `n huis op rots vir God ons Vader.