Rekenaaropleiding
Alle leerders te Pta-Noord Kleuterakademie ontvang gratis rekenaaropleiding aanvullend tot hul akademiese program.
Daar word seker gemaak dat die leerder ‘muisvaardig’ is voordat ons afskop met die program wat hand aan hand aansluit by die tema en akademiese program wat in die klas gevolg word. Wat ons program so besonders maak is dat die akademiese klasprogram in Afrikaans is en die aanvullende rekenaar program se voertaal, Engels is.