Naskool
U leerder word afgehaal as die skool uit kom te Danie Malan, en word vir buitemuurse aktiwiteite te Danie Malan soos rugby, krieket, netbal, tennis, revue, koor, Kummon, ens. skooltoe gery en afgehaal.
By die Naskoolsentrum kan die leerder versnapperings geniet voordat hulle met huiswerk begin.
Graad 1 tot 2
Hul huiswerkperiode is vanaf 14:30 tot 16:00. Leerders word gehelp met huiswerk, na huiswerk word daar gelees en op Donderdae word daar gewoonlik `n speltoets geskryf. Dit is egter belangrik dat ouers hul leerders moet motiveer om hul huiswerk by die naskool te doen.
Graad 4 tot 7:
Die huiswerkperiode is vanaf 14:30 tot en met 16:30 waar fasilieteerders tot die leerder se beskikking is om te help met huiswerk en probleme rondom die huiswerk. Die verantwoordelikheid berus egter op die leerder self om die huiswerk te doen, en ouers se motivering en ondersteuning word in die opsig gevra.
Vraestelle:
Ons poog om gedurende toetsreekse en eksamens vraestelle vir die leerders op te stel wat hul kan gebruik ten einde beter voorbereid te wees vir die eksamen.
Vakansieprogram
Tydens die vakansies maak ons van kreatiewe gedagtes gebruik om die leerders besig te hou.
Soos inkleurkompetisies:
en meneer en mejuffrou snaaks kompetisie
en lekker fliekdag saam met die kleuters met springmielies, lekkers en koeldrank.